Disney se Little Mermaid môre vrygestel

Disney se The Little Mermaid sal na verwagting binne die eerste drie dae na sy vrystelling die eerste plek haal en 1,923 miljard Namibiese dollar by 4 300 Amerikaanse rolprentteaters verdien. Die film wat ‘n verwerking is van Disney se klassieke animasierolprent van 1989, en spog met sterre soos Halle Bailey, Jonah Hauer-King, Melissa McCarthy en Javier Bardem, sal van môre af in teaters te sien wees. Universal se aksiebelaaide avontuurverhaal, Fast X, wat verlede naweek geopen het en reeds 1,289 miljard dollar verdien het, is tans nommer een in Amerika.