Dis wie kwalifiseer vir droogtehulp

Die Kantoor van die Eerste Minister moedig streeksrade aan om deurlopend lyste van begunstigdes van droogtehulp op te dateer. Die maatstaf vir werkende mense om te kwalifiseer vir die program is ‘n maksimum inkomste van 3 100 Namibiese dollar maandeliks. Kosmos 94.1 Nuus het navrae ontvang oor hoe die publiek kan baat vind by die droogtehulp. I-Ben Nashandi, die uitvoerende direkteur van die Kantoor van die Eerste Minister, verduidelik wie kwalifiseer.