Dis Wêreld-byedag… sonder hulle, is ons ook nie daar nie

Wêreld-byedag word vandag gevier, ook in Namibië. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsel. Sonder bye kan die mensdom nie bestaan nie. Wêreld-byedag 2023 vra vir wêreldwye optrede om bestuiwer-vriendelike landbouproduksie te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met bekende Namibiese byeboer Roland zu Bentheim oor die belangrikheid van bye gesels…