Dis Wêreld-byedag – en die koningin kraai koning
Vandag is Wêreld-byedag, wat jaarliks op 20 Mei gevier word. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame kos. Die dag se doel is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van bestuiwers, die bedreigings wat hulle in die gesig staar en hul bydrae tot volhoubare ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eugene Pieters, ‘n byeboer van die Byeboerdery-vereniging van Namibië, wat interessante feite oor bye deel.