Dis weer tyd vir die repokoers en die nuus is nie goed nie
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal Donderdag die repokoers bekend maak. Ekonome verwag dat die bank die koers bestendig sal hou op 8,25 persent. Daar word ook verwag dat die Federale Reserweraad in Amerika die koers op 5,25 persent tot 5,50 persent by sy volgende beleidsvergadering op 30 en 31 Julie sal hou. Die Bank van Namibië sal die repokoers op 14 Augustus aankondig. Die huidige repokoers is 7,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, wat ‘n voorspelling vir Suid-Afrika en Namibië gee.