Dis waarheen Neckartaldam se water ‘verdwyn’

Die land se damme is almal baie leeg, behalwe die reuse Neckartaldam by Keetmanshoop. Volgens NamWater se weeklikse damverslag is die dam 81,4 persent vol en 1,4 miljoen kubieke meter water is skoonveld. Dit volg op vorige verslae wat ook aangedui het dat groot volumes water uit die dam weg is. In een geval was dit meer as 2 miljoen kubieke meter water. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, wat verduidelik.