Dis vandag 46 jaar sedert Clemens Kapuuo se sluipmoord

Dit is vandag 46 jaar sedert die sluipmoord van een van Namibië se eerste vryheidsvegters teen die Suid-Afrikaanse beheer oor die land, Clemens Kapuuo. ‘n Ovaherero-hoof, het hy homself jare lank beywer vir Namibië se vryheid en gehelp om die destydse DTA te stig. Hy is buite sy winkel in Katutura, doodgeskiet. Daar is menings dat dit Swapo was en ander menings wat weer sê Suid-Afrikaanse owerhede het hom doodgemaak. Niemand is ooit aangekeer nie en die blou voertuig wat die skieter vervoer het, is nooit gevind nie. Die leier van die PDM McHenry Venaani…