Dis tyd vir skouer aan die wiel matrieks!October 12, 2023
Dis eksamentyd! Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat gewone vlak-leerders begin op 16 Oktober skryf terwyl die AS-leerders hul eksamens op 23 Oktober begin aflê. Verlede jaar se uitslae was power, inteendeel so sleg dat president Hage Geingob die ministerie ingeroep het. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike bekendes gesels om die leerders sterkte toe te wens. Musikant Gazza, geliefde Stefan Ludik en kampioenbokser Jeremiah Nakathila het hul boodskappe so verwoord.