Dis tyd vir Doek!

Doek! Literêre Fees stel die versameling kortverhale getitel Now Now: The 2023 Doek Anthology op 16 November bekend by die Goethe Instituut in Windhoek. Die funksie begin om half-sewe die aand en toegang is gratis. Die versameling is gekeur deur die stigter van die fees, Rémy Ngamije, en sluit verhale in deur Namibiese skrywers soos Denga Hanghuwo, Katherine Hunter en Filemon Iyambo, asook Jason De Klerk van Suid-Afrika, Mubanga Kalimamukwento van Zambië en Bongani Kona van Zimbabwe. Die boek is by die Windhoek Book Den beskikbaar teen 295 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Rémy Ngamije gepraat.