Dis Super Tuesday in die VSA

Amerikaners in nagenoeg 15 state gaan vandag na die stembus op wat bekend staan as Super Tuesday. Dié mylpaal op die veldtog-kalender is deurslaggewend vir Donald Trump as presidensiële benoeming vir die Republikeinse Party. Super Tuesday is die grootste enkele stemdag in die land se uitgerekte, staat-tot-staat voorverkiesingseisoen. Met die wedloop wat nou al hoe strawwer raak, is dit vandag ‘n maak-of-breek vir kandidate. Meer as ‘n derde van die Republikeinse afgevaardigdes wat sal deurgaan na die party se nasionale benoemingskonvensie in Julie, sal vandag aangewys word.