Dis sigaretsmokkelaars wat wil keer dat Inkomstediens hulle uitset dophou
Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê die hoofverdagtes in die multi-miljard-rand onwettige sigarethandel is die einste vervaardigers wat nou die howe vra om te keer dat die Inkomstediens hulle vervaardigings-uitset dophou. Abramjee sê ‘n omvattende studie deur die marknavorsers Ipsos toon onwettige sigarette word nou in byna een uit elke drie winkels regoor Suid-Afrika verkoop. Hy sê dit is die hoogste vlak wat nog ooit aangeteken is: