Dis repokoers-dag… ekonome sê geen verandering nie

Die sentrale bank sal vandag die repokoers aankondig maar, ekonome is dit eens dat die koers, wat tans op 7,75 persent staan, onveranderd sal bly. Daar is verskeie redes daarvoor, waaronder die ekonomiese vooruitsigte wat in die VSA onseker is sowel as data vanuit Suid-Afrika wat toon dat inflasie eerder sy gewenste teiken van 4,5 persent in die tweede kwartaal van 2025 bereik. Dus is dit onwaarskynlik dat die buurland sy repokoers binnekort sal afbring en vir Namibië, wat 50 basispunte laer is, sal dit dus nog langer duur.