Dis onwettig om kos te ruil vir stemme – Kieswet
Die Engelse dagblad The Namibian berig vanoggend dat die Kieswet partye verbied om kos uit te deel in ruil vir stemme. Volgens die berig kan so ‘n persoon ‘n boete van 20 000 Namibiese dollar of tot vier jaar tronkstraf opgelê word. Die berig kom na die afgelope naweek se kosgooiery op Walvisbaai. Swapo is veral lief daarvoor om kos by saamtrekke uit te deel en ry ook ondersteuners aan met busse. Die publikasie sê dat die hoof van die verkiesingskommissie Peter Shaama het versuim om enige interpretasie van die wetgewing te verskaf.