Dis nou of nooit vir SIM-kaart registrasies

Die finale sperdatum vir SIM-kaart registrasies is om die draai en Namibiërs word aangemoedig om hul SIM-kaarte so gou moontlik te registreer. Inligtingsminister Emma Theofelus het onlangs in ‘n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering gesê sowat 91 persent van alle SIM-kaarte is reeds geregistreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Shoki Kandjimi, die inligtingministerie se senior skakelbeampte, wat ‘n boodskap vir die publiek het.