Dis nie wie se olie nie, dis hoe ons sinvol die bron kan benut
Cirrus-ekonoom Rowland Brown sê mynminister Tom Alweendo is korrek in sy kommentaar dat Namibiërs nie afgelei word deur interpretasies wat dalk ‘n ander betekenis kan hê as dat die oliebronne hulle s’n is nie. Volgens Brown is die Grondwet duidelik. Die sleutelvraag is hoe Namibië saamspan met diegene wat die risiko loop om Namibië se hulpbronne te verken, en die kapitaal en kundigheid verskaf om Namibië se hulpbronne te ontgin. Vennootskappe wat billik vir beide Namibië en vennote is, is die sleutel. Hy sê ons moet seker wees dat Namibië ‘n billike ooreenkoms kry; maar ook so vir die vennote. Sekerheid van belegging is ook belangrik en dat Namibië die opbrengste aanwend tot voordeel van almal, nie ‘n paar elite nie.