Dis nie net Otji wat nie ‘n hospitaal gekry het nie

Die kwessie van distrikshospitale bly in die nuus. Die regering het aangekondig dat die Windhoek-hospitaal, in Havana, gebou sal word dit terwyl ander distrikshospitale reeds tien jaar wag om gebou te word. Kosmos 94.1 Nuus het berig oor die Otjiwarongo-distrikshospitaal wat reeds sewe jaar gelede gebou moes wees en nou berig die Tender Bulletin dat in 2014, het oudpresident Hifikepunye Pohamba die Nkurenkuru-distrikshospitaal van stapel gestuur. Nes op Otjiwarongo, is al wat te siene is die duur omheining van die perseel, wat reeds afgebreek word. Ondangwa sou ook ‘n hospitaal kry… in 2016.