Dis nie net Katima nie, oral word rade miljoene geskuld maar inwoners soek ontwikkeling

Die uitvoerende hoof van die Katima Mulilo dorpsraad Rafael Liswaniso het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hulle uitdagings. Dit het aan die lig gekom dat inwoners van Katima Mulilo die dorpsraad sowat 120 miljoen Namibiese dollar skuld in munisipale dienste. Die syfer is bekend gemaak nadat die inwoners opgeruk het om beter dienslewering, paaie en infrastruktuur te eis. Maar daar kan nie beter paaie gebou word nie en erwe kan nie gediens word as die dorpsraad nie geld het nie en hy het nie geld nie omdat inwoners nie hulle rekenings betaal nie. Liswaniso het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Verskeie dorpsrade regoor die land sukkel met ontwikkelingsdoelwitte en dienslewering eenvoudig omdat daar nie geld is nie en die meeste word miljoene deur inwoners geskuld.