Dis ‘n feit soos ‘n koei dat klimaatsverandering koeie benadeel
’n Navorsingstudie wat in Environmental Research Letters verskyn, waarsku dat meer as ‘n miljard koeie wêreldwyd teen die einde van die eeu hittespanning sal ervaar as koolstofvrystellings hoog is. Navorsers van die Universiteite van Kaapstad, KwaZulu-Natal en Chicago het bevind hoë vogtigheid benadeel beeste, en lei tot verminderde vrugbaarheid, verswakte groei in kalwers, verminderde melkproduksie én vrektes. ‘n Ekoloog en klimaatsveranderings-navorser aan die Universiteit van Kaapstad, Christopher Trisos, waarsku dat dit veeboerdery en dierewelsyn negatief sal raak en boerdery-inkomste sal laat afneem.