Dis Marmageddon!!!

Lief vir Marmite? Kon jy dit nie kry nie? Hier’s hoekom… Die verbod op die verkoop van alkohol het op sy beurt ‘n wesenlike impak op die produksie van Marmite gehad omdat daar geen gekookte gis was om aan Pioneer Foods, wat Marmite vervaardig, te verskaf nie. Bovril, wat minder gis gebruik tydens vervaardiging, het prioriteit geniet. Volgens Pioneer Foods, is die voorsiening van voorraad herstel maar produksie moet nog bykom om die tekorte in te haal en die produk verskyn weer stelselmatig op winkelrakke in die streek. Pioneer Foods beskryf dit as ‘Marmageddon’.