Dis hoekom Wetsontwerp op Toegang tot Inligting belangrik is
Die Namibiese parlement het die Wetsontwerp op Toegang tot Inligting aanvaar en bekragtig. Die wetsontwerp is op 28 Desember 2022 in die staatskoerant gepubliseer. Dit is egter steeds nie geïmplementeer nie. Namibië sluit by 25 Afrika-lande aan wat hierdie wette het, maar slegs drie lande het dit suksesvol geïmplementeer. Die wetsontwerp het ten doel om die publiek vrye toegang te gee tot inligting wat deur openbare entiteite word, en om openbare en private entiteite te dwing om inligting proaktief en stiptelik beskikbaar te stel. ‘n Verteenwoordiger van die Kantoor van die Ombudsman, Ingrid Husselmann, deel hoe deurslaggewend die wetsontwerp is.