Dis hoekom onderwysersunie prestasie-ooreenkomste afskiet

Die Onderwysersunie van Namibië het sy lede afgeraai om ‘n prestasie-ooreenkoms met die onderwysministerie te onderteken totdat die eise van die vakbonde aangespreek is. TUN se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, het die beroep gedoen in reaksie op onderwysminister, Anna Nghipondoka, se opdrag verlede week aan streekonderwys- en skoolowerhede om met onderwysers in gesprek te tree en prestasie-ooreenkomste te onderteken. Kosmos 94.1 Nuus het met Kavihuha gepraat oor die vakbond se bekommernisse en hoekom hy die lede aanraai om nie te teken nie.