Dis hoekom N$ se koppeling aan rand belangrik is

Die belangrike diamantbedryf sukkel met verlaagde produksievolumes en dalende internasionale diamantpryse, wat BBP-groei nadelig beïnvloed. Om dit teen te werk het die Bank van Namibië reeds twee keer rentekoerse verlaag. Dit is om plaaslike ekonomiese aktiwiteit te ondersteun terwyl die Namibiese dollar se koppeling aan die Suid-Afrikaanse rand gehandhaaf word. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Klaus Schade gesels oor hoekom die dollar se koppeling aan die rand belangrik is.