Dis hoekom LPM skepties is oor groenwaterstof-projek

Die glans van die veelbesproke “blink toekoms” weens groen waterstof blyk om effe te vervaag. By die bekendstelling van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se Groenwaterstof Monitor het ekonoom Robert Sherbourne gesê politici moet versigtig wees om nie werkskepping in die opkomende groenwaterstofsektor te oordryf nie. Dit is omdat die bedryf kapitaalintensief eerder as arbeidsintensief is. Intussen het LPM-president, Bernadus Swartbooi, Saterdag in Lüderitz gesê die projek is ‘n vermorsing van belastingbetalers se geld, om verskeie redes. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa oor die party se bekommernisse gepraat.