Dis hoe regering die publiek se vertroue kan herwin

Die Wêreldekonomie-bestuursindeks van 2024 wys Namibië aan as die tweede bes-bestuurde land in Afrika. Dit spog met ‘n B-graad-gradering en ‘n indekstelling van 69,1, deur aanwysers soos korrupsiepersepsie, oppergesag van die reg, persvryheid en politieke regte. Vertroue in politieke instellings, die president, die Nasionale Vergadering en wet-en-orde instellings het egter skerp afgeneem, volgens die jongste Afrobarometer-opname. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner Marius Kudumo gesels oor wat die regering moet doen om die publiek se vertroue te herwin.