Dis goed dat Nersa eThekwini se kragverhoging verwerpJuly 7, 2023
ActionSA in KwaZulu-Natal het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se verwerping van eThekwini se tariefverhoging vir elektrisiteit verwelkom. Die munisipaliteit het tariefverhogings van 18,5 persent goedgekeur wat hoër is as die 15,1 persent wat Nersa aanbeveel, daarom moes die munisipaliteit sy tariefverhoging regverdig. Alan Beesley van ActionSA sê by ‘n onlangse verhoor waar eThekwini in ‘n voorlegging die verhoging verduidelik het, het Nersa dit verwerp en enige verhoging in elektrisiteitstariewe tot 15,1 persent beperk: