Dis goed dat Fishrot-borg geweier is maar, verhoor moet begin

Reaksie is ontvang oor die weiering van borg vir die Fishrot-beskuldigdes. Ses het die aansoek voor regter Shafimana Ueitele gebring wat hy gister van die hand gewys het. Volgens Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is die klagte baie ernstig, maar, die verhoor moet spoedig begin.