Dis die Welwitschias teen die Bulle op Vegkop
Namibiese rugbyliefhebbers sien uit na die groot wedstryd tussen die Windhoek Draught Welwitschias en die Blou Bulle wat Saterdag in die hoofstad sal plaasvind. Dit sal ‘n gulde en laaste geleentheid vir die Welwitschias wees ter voorbereiding van die Wêreldbeker-toernooi in September in Frankryk. Die wedstryd is egter verskuif vanaf die Hage Geingob-stadion na Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion. Hierdie veranderinge is weens die Heldedag-vieringe wat nou op die Onafhanklikheid-stadion in die hoofstad sal plaasvind nadat dit aanvanklik beplan is vir Omuthiya in die Oshikoto-streek. Die president van Namibiese Rugby-unie, Petrie Theron, sê ‘n versoek is van die regering ontvang weens veiligheidsredes.