‘Dis die SAPD wat onwettige vuurwapens verskaf’

Action Society beweer die Suid-Afrikaanse Polisiediens is die grootste verskaffer van onwettige vuurwapens. Die beskuldiging volg na die inhegtenisneming van ʼn polisielid van Mitchells Plain, Kaapstad, nadat 15 vuurwapens in November verlede jaar uit die pakkamer weggeraak het. Volgens die organisasie kon die polisie tussen 2005 en 2017 nie rekenskap gee van 26-duisend vuurwapens wat aan lede uitgereik is nie. Action Society se direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê die polisie voorsien wapens aan groot misdaadnetwerke, wat bydra tot die moord op onskuldige landsburgers: