Dis Charles wat aan ons getrouheid moet sweer, nie anders om nie – Britse joernalis

Die deurwinterde Britse joernalis en skrywer Polly Toynbee het met Sky News in Brittanje gesels oor die kroningsplegtigheid van koning Charles wat Saterdag plaasvind. Sy het gereageer op die nuus dat die publiek uitgenooi word om getrouheid aan die koning te sweer. Sy sê dis anders om.