Dis amptelik: Reën is op pad!
Die Namibië Meteorologiese Diens het sy klimaatsverslag vir die komende somer vrygestel en daar is ‘n goeie kans vir reën oor meeste van die land. Die verslag stem saam dat ‘n La Nina-weerverskynsel aan die ontwikkel is. Vanaf Oktober tot Desember kan normale tot bo-normale reën verwag word, behalwe in die grootste deel van die Hardap-streek en die hele Karas-streek. Vanaf Januarie tot Maart is daar ‘n groot kans vir normale tot bo-normale reënval oor die hele land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Benedick Louw, besturende direkteur van Green Horizons Namibia Farming, wat meer inligting gee en sê boere moet gereedmaak vir reën.