Dis 25 jaar sedert Columbine-skietery

Dit was Saterdag 25 jaar sedert die Columbine massaskietery waarin 12 leerders en een onderwyser dood is. Die twee graad-12-skieters, Eric Harris en Dylan Klebold het selfmoord gepleeg. Massaskiet-voorvalle by skole in die VSA het sedertdien algemeen geword met 400 gevalle sedert 20 April 1999. President Joe Biden het in ‘n verklaring gesê dat sy administrasie verskeie stappe geneem het om wapen-geweld in die VSA te beëindig. Die uitdaging lê by Republikeine wat glo dat wapenbesit ‘n fundamentele reg is.