Dis 14 jaar en Psemas is nog nie reg nie, GRN is 50% daar

Plaaslike berigte lui dat die regering halfpad is met die hersiening en regruk van die staatsmediesefonds Psemas. Dit is 2024 en die regering is reeds in April 2010 ingelig oor al die uitdagings met die fonds wat spooklede, korrupsie, valse eise, afhanklikes wat te oud is en meer. Intussen ontvang Psemas reuse-bedrae in die begroting met vanjaar se toekenning op 2,9 miljard Namibiese dollar. Die finansministerie het in 2008 konsultante aangestel om die probleme uit te lig en dit is in April 2010 aan die destydse minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voorgelê. ‘n Onlangse oudit deur Deloitte toon dat die regering tussen 2020 en 2022 1 miljard dollar uitbetaal het aan begunstigdes wat nie bestaan nie.