Direkteur ontken skuld in universiteit-moorde

Die tiende beskuldigde in moord en poging tot moord op senior personeel van die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap hou vol hy is onskuldig. Die universiteit se direkteur van ondersoeke, Isaac Plaatjies, het sy tweede verskyning in die Alice-landdroshof in Dikeni gemaak. Hy is Vrydag in hegtenis geneem en is in aanhouding tot volgende Vrydag vir ‘n formele borgtogaansoek. Plaatjies ontken enige betrokkenheid by die misdade.