Dippies gesels oor die opwinding op 10 Junie
Daar heers groot opwinding vir die Shell V-Power International Oval Challenge wat op Saterdag 10 Junie by die Tony Rust-renbaan gehou word.Vivo Energy Namibia borg met sy Shell V-Power-handelsmerk die 2023 International Oval Challenge wat deur Redline-motorklub aangebied word. Behalwe die Namibiërs wat sake in die derde ronde van die nasionale ovaalbaankampioenskap uitspook, sal 26 ovaalbaanmonsters uit Suid-Afrika ook in aksie wees. Dippies Dippenaar van die Redline-motorklub het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.