Dippenaar: Staat vra 10-15 jaar, vonnis môre
In sy mondelinge voorleggings voor landdros Gaynor Poulton het die staat gevra vir tien tot 15 jaar gevangenisstraf vir die skuldigbevinding aan moord van Jandre Dippenaar, terwyl die verdediging gevra het vir alternatiewe vorme van straf, anders as gevangenisstraf. Die bekende neuro-sielkundige Willem Annandale het Woensdag gesê hy behoort ‘n opgeskorte vonnis te kry. Dippenaar is in Junie vanjaar skuldig bevind aan ses klagte van moord, nadat ses mense in Desember 2014 in ‘n ongeluk by Hentiesbaai dood is. Landdros Poulton lewer môre om nege-uur haar vonnis.