Diplomatieke immuniteit by Brics-beraad is nie vir individue

Die Suid-Afrikaanse minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet het kennis geneem van die publikasie in die Staatskoerant oor die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte. Dit is ter voorbereiding van die Brics-beraad wat van 22 tot 24 Augustus in Suid-Afrika aangebied word. Die minister sê dit is standaard-praktyk vir enige internasionale beraad wat in Suid-Afrika gehou word. Ntshavheni sê die immuniteit is om vir die tydperk van die geleentheid die konferensie en sy deelnemers te beskerm teen die jurisdiksie van die gasheerland.