Dinamika in huurmark verras ekonome
Volgens die verbruikersprysindeks-verslag van Simonis Storm het die kategorie behuising en nutsdienste ‘n inflasiekoers van 4,1 persent op ‘n jaargrondslag in Augustus aangeteken, vanaf 2,8 persent in Augustus 2023. Die toename is hoofsaaklik gedryf deur die huurbetalings, tesame met gereelde instandhouding en herstel van wonings. Spesifiek die huur-subkategorie het in Augustus ‘n inflasiekoers van 4,2 persent jaar-tot-jaar gewys. Volgens Mandisa van Wyk, FNB se marknavorsingsbestuurder, is die dinamika in die huurmark nie in ooreenstemming met wat verwag sou word in ‘n hoë-prys en verhoogde rentekoers omgewing nie.