Digitale nomade-visum is uiters belangrik vir SA
Business Leadership South Africa is bekommerd oor die Departement van Binnelandse Sake se vermoë om visums vir digitale nomades uit te reik. Die visum is gemik op buitelanders wat vir tot drie jaar afstandwerk vanuit Suid-Afrika wil kom doen. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die regering moet ‘n plan uitwerk om die reuse-agterstand in visum-uitreikings uit te wis en toe te sien al die stelsels en prosesse vir die visums vir digitale nomades is doeltreffend.