Digitale aanmelding van geslagsgeweld aangemoedig

Beraders by ‘n bemagtigingsorganisasie vir vroue, die 1 000 Vroue Trust, het bevind ‘n gebrek aan basiese tegnologie het ‘n negatiewe uitwerking op vroue se vermoë om geslagsgeweld aan te meld. ‘n Trustee, Tina Thiart, sê hulle doelwit tydens die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld, is om veilige ruimtes te skep vir vroue in Suid-Afrikaanse gemeenskappe, en terselfdertyd die struikelblokke uit die weg te ruim wat keer dat hulle tegnologie gebruik.