Diesel moet korrek bemark word – ministerie

Die Namibiese ministerie van myne en energie het die plaaslike oliebedryf versoek om te verseker dat brandstofverbruikers die regte produkte onder die korrekte handelsmerk by alle diensstasies verkoop word. Die ministerie sê die verkoop van ultra-lae swael diesel 10 deeltjies per miljoen onder die handelsmerk van diesel 50 deeltjies per miljoen moet reggestel word. Olie-invoerders wat beide die tipes diesel invoer en bemark, moet al die nodige reëlings tref om te verseker dat daar twee dieselpompe by diensstasies is sodat verbruikers die tipe dieselproduk vir hul voertuie kan kies. Die ministerie het Maandag aangekondig dat die brandstofprys vir April onveranderd bly.