Dierewelsynsgroep ontsteld oor jagkwotas

Die diere-welsynsgroep, Humane Society International, is ontsteld oor die Suid-Afrikaanse omgewingsdepartement se aankondiging oor Suid-Afrika se jag- en uitvoer-kwotas vir 150 olifante, tien swart renosters en tien luiperds. Die natuurlewe-direkteur, Audrey Delsink, sê die departement se aankondiging was voortydig weens die bedryf se voorneme om die lot van bedreigde spesies en diere in gevaar uit te lig. Delsink sê swart renosters is wêreldwyd ‘n kritiek-bedreigde spesie en trofeejag van hierdie diere stuur ‘n teenstrydige boodskap uit.