Dieremedisyne: Weerstand bou, skedulering onder die loep

Die Namibiese Medisyne-beheerraad sal saam met verskeie Duitse owerhede en die Wêreldgesondheidsorganisasie vergader oor die skedulering van dieremedisyne. Veral antimikrobiese middels sal onder die loep kom omdat weerstand besig is om kop uit te steek. Daar is onlangs berig dat landbouers te vinnig middels soos Terramycin toepas. Die vergadering sal bydra tot Namibië se Nasionale Antimikrobiese Weerstand Aksieplan-resolusie. Jeremia Nghipudjwa, die adjunk direkteur van beleid en batebestuur by die gesondheidsministerie het die vergadering geopen.