Diefstal oorheers weeklikse misdaadverslag

Vier gevalle van gewapende roof van voetgangers is Saterdagaand tussen nege en tien in Otjomuise in die hoofstad aangemeld. In alle gevalle sê die polisie in sy weeklikse misdaadverslag, is selfone en beursies gesteel. Geen verdagte is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Oor die algemeen neem diefstal toe en daar is ook twee huisbrake oor die naweek aangemeld, een op Hoachanas en die ander in Katutura. Gevalle van veediefstal is ook bevestig en so ook roof uit ‘n motor op Rundu waar die boewe weggekom het met 40 000 Namibiese dollar in kontant wat in die voertuig versteek was. In Katutura is ses vragmotor bande ter waarde van 225 000 dollar van ‘n geparkeerde vragmotor afgesteel.