Diefstal en vandalisme van water-infrastruktuur bly ‘n uitdaging

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het sy frustrasie uitgespreek met die herhaalde diefstal van infrastruktuur by water-instellings regoor die land. Schlettwein het op sosiale media gesê dat gemeenskappe van Mauvara in die Kavango Oos-streek nou weer die rivier moet gebruik omdat pompe gesteel is. Die ministeriële woordvoerder Jona Musheko sê die kwessie is landswyd ‘n bron van kommer.