Dief speel wegkruipertjie met polisie in Pole

’n Vermeende dief het ’n slim manier gevind om vir owerhede in Pole weg te kruip. Volgens die polisie het die dief in die venster van een van die winkels geposeer – totdat die winkelsentrum gesluit het. Nadat die laaste klant die gebou verlaat het en die winkelsentrum se deure gesluit het, het die man ‘n juweliersware-stalletjie beroof. Die dief het vir n tweede ronde teruggekeer. Dié keer het hy by een van die kos-stalletjies hom trommel dik geëet voordat hy ’n nuwe uitrusting gesteel het. Die man se geluk het uiteindelik uitgeloop toe hy verder by een van die kos-stalletjies wou gaan eet. Hy is deur die winkelsentrum se sekuriteitswagte gevang en uiteindelik gearresteer. Volgens die Poolse polisie kan die dief tot tien jaar tronkstraf opgelê word.  

Foto: ABC News