Die wat kan, moet Nsfaf-skuld betaal: Swapo Jeugliga
In die lig van ongebreidelde jeugwerkloosheid, ongelykheid en toenemende armoedevlakke, is daar ‘n beroep dat geld wat werkgewers aan die Namibiese studentehulpfonds, Nsfaf, skuld, afgeskryf moet word. Die fonds het aansienlike uitstaande studenteskuld en het gedreig om regsgedinge teen skuldenaars te bring. Die fonds word meer as 10 miljard Namibiese dollar deur meer as 132 000 begunstigdes geskuld. Die PDM se Maximalliant Katjimune is een van die voormalige begunstigdes wat steeds agterstallig is en hou vol hy “sal nie die geld terugbetaal nie”. Kosmos 94.1 Nuus het met die Swapo Jeugliga se sekretaris, Ephraim Nekongo, gesels oor die liga se standpunt.