Die vanoggend die Chiefs teen die Crusaders in die Super Aotearoa-kompetisie

Rugby: Min mense sou kon voorspel dat die eindstryd van die Super Aotearoa-kompetisie tussen die Chiefs en die Crusaders sou wees. Die twee spanne meet vanoggend in Christchurch, Nieu-Seeland  kragte.Die Chiefs het vroeër vanjaar verskeie nederlae gely voor hulle segetog van vyf wedstryde wat ‘n oorwinning van slegs een punt oor die Crusaders ingesluit het. Die verdedigende kampioene, die Crusaders,  gaan probeer om die kompetisie vir die tweede agtereenvolgende jaar in te palm, ná hulle drie van hulle vier vorige kragmetings teen die Chiefs gewen het.