Die troue van die jaar!
Ons kyk opnuut hoe die rykste van die rykstes lewe.
Die fokus vir die afgelope paar maande in die kringe van bekendes was die troue van Asië se rykste man, Mukesh Ambandi, se jongste seun se troue.
Anant Ambani en Radhika Merchant se troue het omtrent die tonge los.
Die glansryke troue het na bewering sowat £250 miljoen gekos. ‘n Hele paar bekendes was uitgenooi, soos Bill Gates, Kim Kardashian en Mark Zuckerberg, net om ‘n paar te noem. Rihanna en Justin Bieber het gesing by van die onthale.
Vanaf Maart 2024 het Mukesh Ambani na raming ‘n netto waarde van US$117,8 miljard, wat hom die rykste persoon in Asië maak en onder die top 10 rykste individue wêreldwyd.
Hulle huis is 27 verdiepings hoog en is die duurste huis in die wereld. Die huis het US$1 miljard gekos. Die huis het nege huisbakke, drie helipads, ‘n ses-verdieping ondergrondse motorhuis vir sy 170 motors, ‘n bioskoop, danslokaal en ‘n spa.
Hulle het 600 werkers wat in die huis werk.
Vroulief word omtrent bederf… sy vrou dra nooit ‘n paar skoene twee keer nie en haar reeks juwele en ontwerpershandsakke is almal spesiaal pasgemaak vir haar. Mukesh haal alles uit om sy vrou gelukkig te hou. Sy geskenke aan sy vrou is of duur sportsmotors of vliegtuie.
Haar selfoonomhulsels is US$15 miljoen werd. Dis die uitspattige leefstyl van Nita ambandi vrou van Mukesh Ambani.