Die sportministerie is nie ernstig nie…

Die langverwagte opdatering oor Namibië se nasionale sokkerinfrastruktuur-opgradering is onverwags deur Nicolas Tembwe, waarnemende uitvoerende direkteur van die sportministerie gekanselleer – omdat die adjunkminister Emma Kantema-Gaomas en ander ministerie-amptenare, wat nie teen tien-uur opgedaag het nie. Media het amper ‘n uur gewag voor dit gekanselleer is.

Op die oomblik word daar ongeveer 1,6 miljoen Namibiese dollar bestee vir elke tuiswedstryd wat by Orlando-stadion in Johannesburg gespeel word.