‘Die see is lewe’

Namibië herdenk Wêreld Oseaandag onder die tema Kataliseringsaksie vir ons oseane en klimaat. Die see is uiters belangrik vir honderde miljoene mense se voortbestaan en volgens die Wêreld Ekonomiese Forum dra oseane jaarliks 70 miljard Amerikaanse dollar tot die globale BBP by. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, wat sê die see is lewe.